Visie: 
Om kinders te help om hulle GELOOF  in JESUS CHRISTUS  te plaas, hulle te leer WIE Hy is en HOE  Hy wil hê hulle moet lewe.
Back
Next
GONS is LewenSentrum se Kinderkerkbediening.

Ons visie by Gons is om kinders te help om hulle GELOOF in Jesus Christus te plaas, hulle te leer WIE God is en HOE Hy wil hê hulle moet lewe. Ons bereik ons visie deur lesse, aktiwiteite en Ritme-oefeninge wat onvergeetlik en doelbewus so geskep is, dat dit kinders in ‘n lewendige verhouding met Jesus Christus kan laat staan en groei.

Ons kan met trots sê dat al ons reekse, lesse en strukture by die LewenSentrum gemeentes presies dieselfde is. So, indien daar by verskillende gemeentes bygewoon word, mis die kinders glad nie uit op die lesse of reekse nie.

Ons oudersgroepe is as volg:
3-4 jariges - Peuters
5-6 jariges - Kleuters
7-8 jariges - Juniors (Graad 1-2)
9-12 jariges - Seniors (Graad 3-6)

By Gons is daar 3 dinge waarvan ons heeltemal oortuig is:

1) Daar is niks in ‘n kind se lewe belangriker as sy verhouding met God nie.

2) Niemand het meer invloed in ʼn kind se lewe, as sy ouers nie.

3) Twee gekombineerde invloede (kerk en familie) kan ‘n groter impak in ʼn kind se lewe maak!!

Daarom wil ons graag met ons ouers hande vat om hierdie verskil moontlik te kan maak.
Hoe wil ons jou as ouer by Gons betrek?

Ons wil dit doen deur elke reeks vir ons ouers inligting te gee oor wat ons GROOT WAARHEID en GROOT VERS is. Ons wil ouers deel maak van die Bybelstories wat ons behandel, asook Ritme-oefeninge, lekker speel-tyd-idees, of vrae wat hulle met hul kinders gedurende die week kan bespreek. Kinders leer die beste deur herhaling, dus bly ons groot waarheid en -vers dieselfde vir die hele reeks. Ons wil seker maak die kinders ken, verstaan en weet hoe om dit in hulle eie lewens toe te pas.
Buiten vir ons kinders en ouers, kan ons bediening nie bestaan sonder vrywilligers wat onselfsugtig van hulle tyd, energie, talente en gawes gee om ‘n ewigheidsverskil in kinders se lewens te maak nie. Indien jy sou belangstel om betrokke te raak of indien jy meer inligting oor Gons verlang, kan u die vrymoedigheid neem om ons te skakel.
Gons-groete